Home Page   |   What is Feest?   |  Contact   |   + Add Events, Festivals
Potchefstroom
Feest
Discover Festivals and Events in your area!

19 People
  Join


Mapa NWU-Pukke

Eerstejaars Bekendstellingsfunksie 2014


Date: Wednesday, 05 of February de 2014 du 17h30
City: Potchefstroom
Local: NWU-Pukke
Street: Noordwes-Universiteit Potchefstroom Campus


Hallo Staties,

Die Verenigingsbekendstellingsdag vind plaas 5 Feb, om 18h00.
Hierdie dag is om die nuwe eerstejaars van al die verenigings en dus ook Stroomop te vertel en hulle opgewonde te maak vir die jaar. Dit is 'n nuwe inisiatief van die SR kantore se kant en is verpligtend vir alle eerstejaars. Ons openingsaksie sal wel nog plaasvind, so hou die groep dop.

Ons het uitgevind dat daar beperkde spasie is en dus sal die bestuur hierdie geleentheid hanteer.

Wat ons beplan:
1. Daar gaan 'n klein tafel wees, wat ons gaan oortrek met 'n swart laken. Op hierdie tafel gaan ons 'n klein tent hê, met 'n mannetjie wat voor 'n vuur sit. Die tent gaan uit sosatie stokkies, lap en tou gemaak word (om kamp, touwerk en handewerk voor te stel).
2. Voorlopig gaan ons Stroomop se nuwe banner daar hê - indien daar nie genoeg plek is vir die banner nie, dan gaan ons net foto's vertoon.
3. Daar gaan 'n laptop wees met al die Voortrekker foto's.
4. Elke eerstejaar wat hulle name opskryf omdat hulle belangstel sal dan 'n inligtingspakkie met 'n Stroomop magneet ontvang.

Indien daar iemand is wat wil help met die volgende:
1. Die maak van die items wat op die tafel geplaas gaan word.
2. Die pak van die inligtingspakkies.
3. Voortrekker foto's

Stuur asb. 'n Whatsapp (074 681 8725) of 'n e-pos (stroomop.staatmakers@gmail.com) na Staatmakers wat aandui waar jy wil/kan help.

Anders hou die groep dop vir inligting en datums oor ons Welkom Terug aksie - dit beloof om VET PRET te wees.

Stroomop groete!